US Woordfees 2018 – VOL KLAGTES EN GEDAGTES!

VOL KLAGTES EN GEDAGTES BY DIE DROSTDY TEATER

Mathilda is terug! In lewende lywe! Ja, wat sal die Woordfees dan nou ook wees sonder ons geliefde en bekkige Mathilda! Hierdie seisoen is sy: “Vol klagtes en Gedagtes!”

Kom kyk wat sy nou weer aanvang in lewende lywe by die Drostdy Teater op  3 & 7 Maart. Wie weet, miskien leer jy so ‘n ietsie by haar…

DEBUUT / KOMEDIE

Regie, stel- en beligtingsontwerp:   Juanita Swanepoel

Teks:  Leatitia Solomons Manuel

Met: Leatitia Solomons Manuel

Tegnies en verhoogbestuur:    Brandon Strydom

Musiek: Timothy Swarts

Elke huis het sy kruis in ‘n lewe wat nie altyd ‘n lied is nie. Maar Aunty Mathilda is ‘n sterk vrou wat weet die antwoorde le in ons verlede. Sy stel op haar eie grappige manier ‘n paar oplossings voor vir die ekonomie, sosiale media, ouer-kind-verhouding en baie meer. Kom geniet ‘n mini-musiekblyspel in outentieke Afrikaaps!

3 Maart 17:00 & 7 Maart 20:00

60 min / Drostdy-teater/R90 / R100 by die deur

Sien julle daar!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *