Marthie Nel Hauptfleisch at the Drostdy Theatre!

Geseënde Kersfees

Marthie Nel Hauptfleisch keer terug na ons met haar Somer Kersfees produksie. Na tien jaar in Kanada het sy werk daarvan gemaak om liedjies te skep wat spreek tot ons Suid-Afrikaanse idiom van Kersfees vier: met vriende en familie langs die braaivleis vuur- met geen sneeuman in sig nie.​

Die musiekvertoning is geskik vir jong en oud: as jy nie verlief raak op “Hans Krismis” die avontuurlustige koekie wat die Kersboom se ster gaan steel nie, kan jy terugsit en na ‘n paar bekende liedjies luister soos “White Christmas” en “Stille Nag, Heilige Nag”.​

25 November 2017  | 15:00 & 20:15 | R120 (Groep besprekings vir meer as 4 R100), R50 skoliere & R80 seniors

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *